NG
OVERKRUIN

Inligting oor
Sondag se Preek

SONDAG 3 DESEMBER 2023

Tweede Advent

09:00 Erediens. Ds. H. Stapelberg. Doop.

Teks: Lukas 7:36-50.

Tema: Gaan in vrede.

11:00 Singende kersboom. Kaartjies by deure

beskikbaar.

18:30 Geen erediens.

Vriende in Christus,

Sondagoggend is ons tweede Advent Sondag en ons kers simbool is VREDE. Vrede is so belangrike tema in die Bybel en in ons geloof. Vrede is ‘n gawe en ‘n opdrag van God. Jesus het dit op ‘n besonderse manier kom uitleef vir die mens. Kom luister gerus Sondagoggend saam as ons oor Jesus se vrede vir mense gesels. Sien julle daar!

Groete in Christus,
Ds. Heinrich

Tema: Gaan in vrede
Teks: Lukas 7:36 – 50

Skakel: https://youtube.com/live/6wt32X5uee8 

Geen

DIE GEMEENTERAAD SÊ BAIE DANKIE!!!!!

Die Gemeenteraad wil hiermee sy hartlike dank teenoor elke gemeentelid uitspreek vir u deelname en betrokkenheid by die Gemeente se werksaamhede en aktiwiteite, asook vir u getroue finansiële bydraes wat ons in staat stel om ons verantwoordelikhede op alle vlakke na te kom. U bywoning van eredienste en ander aktiwiteite het merkbaar toegeneem en dit gee opnuut lewe aan die geesdrif waarmee ons ons Hemelse Vader aanbid en dien.

Ons Gemeente se finansiële posisie is tans gesond en wat ons inkomste ten opsigte van ons begrotingsprojeksies betref, is ons bykans by ons doelwitte soos wat ons tot op hierdie tydstip beplan het. Hiervoor 'n groot dank aan elkeen wat, op watter wyse ookal, 'n bydrae gelewer het en steeds lewer. Ons bring veral ook aan die Here alle Lof vir Sy voortdurende Seën.

Met die bydraes tot ons "Maand van Oorvloed" in Mei vanjaar, was ons Aksiegroep Uitreik in staat om ruim uit te deel waar behoeftes in ons omgewing bestaan. Ons Garageverkoping, (voortaan "Lenteverkoping"), het weer 'n groot hupstoot van        R100 000 aan ons begroting gegee en groot dank aan 'n ywerige span wat hierdie projek met groot toewyding hanteer. Ons immer gewilde padkafees neem toe in ondersteuning en die winste hier lewer ook 'n welkome bydrae.

Die Geloofsofferbydraes vir Oktober staan tans op bykans R170 000 en aangesien ons bewus is dat mense nog na die einde van die jaar se kant toe bydraes wil maak, sal ons steeds Geloofsofferbydraes ontvang en tot hierdie bedrag toevoeg.

Afgesien van ons gemeentelike verpligtinge wat ons gereeld nakom, kan ons ook vermeld dat u as Gemeente se volgehoue bydraes ons Uitreikaksie in staat gestel het om die afgelope tyd R50 000 aan uitreike in die Okraïene en Mosambiek te kon uitbetaal en meer soortgelyke uitreike word in die vooruitsig gestel.

Van die Gemeenteraad se kant af, onderneem ons om alle fondse en uitgawes met die grootste verantwoordelikheid te bestuur en dat ons ons Bybelse verantwoordelikheid om uit te reik na waar daar behoefte is, sover moontlik sal nakom. Ons dank elkeen van u dat u ons as Gemeente in staat stel om die Here se werk in Overkruin te kan doen.

AAN DIE HERE VAN SY KERK, EN DAAROM OOK VAN OVERKRUIN, AL ONS DANK EN EER!!!  

Kontak Ons

Laai ons TOEP (APP)
af op jou selfoon

(LET WEL: DIE TOEP IS NOG IN TOETSFASE EN WORD TANS NOG NIE VIR GEMEENTE DOELEINDES GEBRUIK NIE, VERDERE AANKONDIGINGS SAL HIER GEMAAK WORD).

1. Bekendstelling van die Toep aan lidmate: https://youtu.be/YvwhqcdAGvg

2. Hoe om die Toep van Google Playstore te download en te installeer: https://youtu.be/JMyLhB48LY4

3. Hoe om jouself te registreer op die Toep: https://youtu.be/34y2elocnVw

Aankondigings

Kry die week se aankondigings 

HIER

Die Overkruiner

Kry die maand se Overkruiner maandblad

Hier

Die Blitskruiner

Kry die maand se Overkruiner maandblad

Hier

Argief Preke

Kry die Argief Preke

Hier