NG
OVERKRUIN

Inligting oor
Sondag se Preek

SONDAG 21 APRIL 2024

09:00 Erediens. Ds. W. Rothmann.

Teks: Lukas 24:13-35.

Tema: Teleurgesteld in God.

09:00 Pienkvoete. In die Ark.

10:00 GLO. Gr. R-6.

 

18:00 Erediens. Ds. H. Stapelberg

Teks: Efesiërs 2:11-22.

Tema: ‘n Geestelike huis.

GLO: Gr. 7-11.

Sondag 21 April

09:00

Liewe geloofsfamilie,
Miskien is jy op ‘n plek in jou lewe waar alles vir jou verlore voel. Jy het gebid, gevra en gesoek, maar jou drome en verwagtinge het nie gerealiseer nie. Dit voel vir jou of jy in doodloopstraat beland het en dit lyk nie of daar nie of daar uitkoms is nie. Miskien, al wil jy dit nie sê nie, is jy teleurgesteld in God.

Sondagoggend gesels ons saam oor hierdie tema, aan die hand van die verhaal van die Emmausgangers, waarin ons sien hoe God met ons teleurstelling werk, verkeerde verwagtings regstel, en verandering bring wanneer ons bewus word van ons ontmoeting met die opgestane Here.

Skriflesing Luk 24:13-35
Tema: Teleurgesteld in God
Skakel: https://youtube.com/live/YI8V3jQGBRQ

Hoop om almal daar te sien.

Vrede,
Ds. Willie 

Sondag 21 April

18:00

Vriende,

Met Paastyd het ons weer bevestig wat Jesus vir ons hier op aarde kom doen het. Ons het weer ook bevestig wat dit vir ons kom verander het. Jesus het vir ons die kans gegee om een te wees, inklusief nie meer eksklusief nie. Saam met dit het Hy ons geroep om Sy kerk te wees, Sy geestelike huis. Maar wat beteken kerk wees regtig? Ek dink ons mis partykeer waartoe ons geroep word. Kom luister gerus Sondagaand saam as ons oor hierdie saak gesels. 

Groete in Christus,
Ds. Heinrich

Tema: ‘n Geestelike huis
Teks: Efesiërs 2:11 – 22

Skakel: https://youtube.com/live/TjJVUXHxLJU 

GESAMENTLIKE PINKSTER

Vriende, ons nooi almal graag uit na die gesamentlike Pinkster wat hierdie jaar deur Wonderboom aangebied word. Elke jaar vier die gemeentes in die ring (Wonderboom, Overkruin, Montana, Magalieskruin, Doornpoort en Kameeldrif) Pinkster saam, en dit word om die beurt deur ‘n gasgemeente aangebied. Ons gasprediker hierdie jaar is professor Johan van der Merwe van die Universiteit van Pretoria Departement Sistematiese en Historiese teologie aan die Teologie Fakulteit.

Die program van Pinkster verloop so: Donderdag 9 Mei se hemelvaartdienste reel elke gemeente plaaslik. Sondagoggend 12 Mei hanteer elke gemeente plaaslik asook Sondagoggend 19 Mei se Pinksterfees.

Die gesamentlike deel word by Wonderboom Gemeente gehou vanaf Sondagaand 12 Mei tot Donderdagoggend 16 Mei met die oorhoofse tema: Wat op aarde maak ons hier? Dit word in vier temas hanteer en telkens twee keer aangebied om 19:00 die aand en 10:00 die oggend. Daar sal ook verversings na die dienste verskaf word. Kollekte sal opgeneem word om die onkostes te dek.

 

Wat op aarde maak ons hier?

 

Sondag 12 Mei 19:00W      at op aarde maak ons hier?           Jeremia 20:7-18

Maandag 13 Mei 10:00       Wat op aarde maak ons hier?        Jeremia 20:7-18

Maandag 13 Mei 19:00       Ons is hier vir die die Here.            Jeremia 2:1-13

Dinsdag 14 Mei 10:00         Ons is hier vir die Here.                  Jeremia 2:1-13

Dinsdag 14 Mei 19:00         Ons is hier vir mekaar.                    Johannes 5:1-15

Woensdag 15 Mei 10:00     Ons is hier vir mekaar.                    Johannes 5:1-15

Woensdag 15 Mei 19:00     Ons is hier vir ons wêreld.              Jeremia 29:1-14

Donderdag 16 Mei 10:00    Ons is hier vir ons wêreld.              Jeremia 29:1-14

 

Bogenoemde word by Wonderboom (h/v Parsley en Rosemary) aangebied

 

Vrydagaand 10 Mei om 19:00 is daar ‘n Lofprysing en Aanbiddingsaand vir die Jeug by Magalieskruin Gemeente.

Ons nooi elke gelowige hartlik uit om hierdie Pinkster saam met ons te kom geniet!

Vrede!

Dr. Nelius Steyn

Kontak Ons

Laai ons TOEP (APP)
af op jou selfoon

(LET WEL: DIE TOEP IS NOG IN TOETSFASE EN WORD TANS NOG NIE VIR GEMEENTE DOELEINDES GEBRUIK NIE, VERDERE AANKONDIGINGS SAL HIER GEMAAK WORD).

1. Bekendstelling van die Toep aan lidmate: https://youtu.be/YvwhqcdAGvg

2. Hoe om die Toep van Google Playstore te download en te installeer: https://youtu.be/JMyLhB48LY4

3. Hoe om jouself te registreer op die Toep: https://youtu.be/34y2elocnVw

Aankondigings

Kry die week se aankondigings 

HIER

Die Overkruiner

Kry die maand se Overkruiner maandblad

Hier

Die Blitskruiner

Kry die maand se Overkruiner maandblad

Hier

Argief Preke

Kry die Argief Preke

Hier