NG
OVERKRUIN

Inligting oor
Sondag se Preek

SONDAG 31 MAART 2024

Opstandingssondag

 

09:00 Erediens. Ds. H. Stapelberg.

Teks: Matteus 28:1-10.

Tema: Die klip is weggerol…

18:00 Geen erediens.

 

Vrydag 29 Maart 

07:00

Liewe Geloofsfamilie

Goeie Vrydag  is ‘n donker dag.
‘n Hartseer dag.
‘n Dag van rou.
‘n Dag waar ons opnuut moet dink oor die trane wat ons huil.
‘n Dag waar ons opnuut bewus word van die losprys wat vir ons betaal is, deur Jesus Christus wat vir ons gesterf het.

Maar Goeie Vrydag is ook ‘n dag toe trane nie meer tel nie, maar dade. Kruisdade!

Kom wees deel van ons spesiale geleentheid Vrydag 29 Maart om 7h00.

Skriflesing: Jer 8:18-9:2; Mark 15:33-39

Skakel: https://youtube.com/live/CDTOyvKBlUo

Vrede,
Ds, Willie 

Geen 

Donderdag 28 Maart: Nagmaal

19:00

Liewe geloofsfamilie,

Met ons Nagmaaldiens vanaand, reflekteer ons op ons laaste gemeente van die boek Openbaring: Die gemeente van Laodicea. Van al die 7 gemeentes word hierdie gemeente die hardste deur die Gees van God aangespreek, omdat hulle nie meer hulle doel gedien het nie.

Daarom maak die Here hulle bewus van die feit dat hy by elkeen se hart staan en klop, met die verwagting en hoop dat ons Hom sal toelaat om in te kom, en die sentrale punt van ons lewens te wees.

Hoor jy die Here klop aan jou hart?
Sal jy Hom vandag toelaat om die sentrale punt van jou lewe te wees. Kom luister gerus saam vanaand as ons verder hieroor saam gesels met ons Groot Lydensweek.

Teks: Op 3:14-22
Tema: Refleksies: Laodicea
Skakel: https://youtube.com/live/BxewXOpIShs

Vrede,
Ds. Willie 

Kontak Ons

Laai ons TOEP (APP)
af op jou selfoon

(LET WEL: DIE TOEP IS NOG IN TOETSFASE EN WORD TANS NOG NIE VIR GEMEENTE DOELEINDES GEBRUIK NIE, VERDERE AANKONDIGINGS SAL HIER GEMAAK WORD).

1. Bekendstelling van die Toep aan lidmate: https://youtu.be/YvwhqcdAGvg

2. Hoe om die Toep van Google Playstore te download en te installeer: https://youtu.be/JMyLhB48LY4

3. Hoe om jouself te registreer op die Toep: https://youtu.be/34y2elocnVw

Aankondigings

Kry die week se aankondigings 

HIER

Die Overkruiner

Kry die maand se Overkruiner maandblad

Hier

Die Blitskruiner

Kry die maand se Overkruiner maandblad

Hier

Argief Preke

Kry die Argief Preke

Hier