15 Januarie 2023 – Ds. Willie Rothmann

Goeiedag geloofsfamilie.

Die meeste van ons sal vanmôre sê ons begeer die Here se presensie meer as sy presente. Dit is die regte ding om te sê, maar dit is nie altyd so nie. Want jy sien, om op die presensie van God ingestel te wees vra van ons om op ‘n totaal nuwe manier na ons verhouding met God, ons medemens en ons wereld te kyk.