Posts by Elane Sassenberg
Sondag 24 April 2022 18:00 Dr. Nelius Steyn
Jesus is die Begin en die Einde! Dit beteken dat ons as sy volgelinge, vanuit die oorwinning wat reeds behaal is, lewe! Hoe doen mens dit? Teks: Openbaring 1:8 Tema: Leef agterstevoorom: Begin by die einde… Kom groei en geniet hierdie toekomsbepaalde perspektief!!! Volg gerus hierdie skakel vir die erediens: https://youtu.be/yG78jSho3aA Vrede! Dr. Nelius Steyn
Read MoreAanddiens, 13 Maart 2022 – Dr. N Steyn
Die koeël is deur die kerk… Psalm 27 sê nogal iets daaroor. Ons leef in onstuimige tye. Tye van vrees, oorlog en onsekerheid. Waar sal ons moed kry om vorentoe te lewe? Waarop sal ons staatmaak en vertrou? Kom dink vanaand saam met ons hieroor… Volg gerus die skakel om deel te word van die…
Read MoreSondagaand, 27 Februarie 2022 – Ds. E Sassenberg
Kom groet saam vir Ds. E Sassenberg en luister na haar laaste boodskap aan die Gemeente. Kom dink saam oor die verlede, hede en toekoms. Hoe lyk die pad vorentoe? Teks: Josua 1:9 Tema: Dink terug aan die verlede, leef in die hede en verander die toekoms. Kliek gerus op die skakel om deel te…
Read MoreSondagoggend, 27 Februarie 2022 – Ds. E Sassenberg
Kom groet saam vir Ds. E Sassenberg by haar afskeidsdiens en luister na haar laaste boodskap aan die Gemeente. Kom dink saam oor die verlede, hede en toekoms. Hoe lyk die pad vorentoe? Teks: Josua 1:9 Tema: Dink terug aan die verlede, leef in die hede en verander die toekoms. Skakel gerus in by die…
Read MoreSondagaand, 13 Februarie 2022 – Dr. N Steyn
More is Valentynsdag, ‘n dag wat romantiese liefde vier. Die grootse bewys van liefde egter, is dat God Homself in Jesus Christus aan ons gegee het. Jesus wat gekruisig is en opgestaan het, is die hart van ons geloof as Christene. Kon deel in hierdie wonderlike waarheid Sondagaand 13 Februarie 2022. Volg gerus die skakel…
Read MoreSondagoggend, 13 Februarie 2022 – Ds. E Sassenberg
Ons lees saam uit Korintiërs 15 waar nie net Paulus se integriteit in gedrang was nie, maar ook elkeen van ons se integriteit. Kom dink saam na oor die hart van ons geloof. Volg gerus die skakel om deel te word van die diens.
Read MoreSondagaand, 6 Februarie 2022 – Dr. N Steyn. Gr. 8 Aand
Hoe voel ‘n wurm? Hoe voel ‘n vlinder? Dit is moeilik om te se, maar tog is dit iets wat elkeen van ons beleef! Kom deel Sondagaand in God se belofte vir elkeen van ons: Dat Hy jou deur elke fase van jou lewe sal neem en op die wieke van sy wind sal laat…
Read MoreSondagaand, 30 Januarie 2022 – Ds. E Sassenberg
Dit is Sondagaand ons leiersaand. Ons dink saam oor leierskap in ons alledaagse lewe. Teks: Efesiërs 4:4-7 & 11-13 Tema: 1 + 1 = 2 Skakel gerus in deur om hier te kliek en kom dink saam met ons na oor jou perspektief oor die lewe.
Read MoreSondagoggend, 16 Januarie 2022 – Ds. E Sassenberg
Sondagoggend gesels ons oor liefde, liefde wat ons nie noodwendig verstaan of aanvaar nie. Ons dink saam oor die vraag wie en wat is ons in die hande van die Here. Kliek gerus op die skakel om deel te word van die erediens.
Read MoreVersoeningsdiens, 16 Desember 2021 – Ds. E Sassenberg
Ons dink terug aan die verlede met die oog op die toekoms. Kom dink gerus saam met ons oor die toekoms! Teks: 2 Kor 5:16 -21 Tema: Vandag vir môre Kliek gerus op die skakel om saam met ons te kom aanbid.
Read More