Ds. Willem Rothmann – 10 April 2022 Aanddiens
Tweede Kruiswoord
“Ek verseker jou. Vandag sal jy saam met my in die paradys wees”
Die misdadiger aan die kruis vra vir die Here: “Dink aan my?” Hy vra nie om gered te word of vir een of ander groot wonder werk nie. Net dink aan my. Niks meer nie
Maar in die proses kry hy baie meer as wat hy ooit kon droom: Die onbeskryflike genade van God.
Vandag se boodskap vra van ons of ons bereid is om soos die misdadiger, ook in ons doodsbenoude oomblikke van ons lewens, Christus te sien vie wie Hy werklik is: Hoe groot en magtig Hy is, en hoe klein en sondig voor hom saan.
Die genade van God kom nie uit die verdienste nie, maar word vrylik beskikbaar gestel deur God aan die wie se harte God begeer.
U kan gerus die volledige diens volg deur om op die voolgende skakel te druk: