Geloofsoffermaand
“God het die blymoedige gewer lief” – 2 Kor 9:7-8

Wanneer daar oor Kerk, geloof en geld in die dieselfde asem gepraat word, lok dit gewoonlik van die grootste debatte onder gelowiges uit:
“Moet ek my tiende nog gee? Is die nie Ou Testamentiese siening nie? Het God my geld regtig nodig? Hoeveel moet ek gee?” is alles vrae wat na vore kom onder hierdie hewige debatte.
Dat geld en kerk vir gelowige mense ‘n taboe onderwerp geraak het is eintlik vir my baie vreemd. Jesus self het die gevare van geld gedurig uitgelig en hoe dit die harte van gelowige mense met selfsug kan besoedel. Daar is meer as 140 verse in die Bybel oor geld spesifiek, wat oor die 300 word indien jy goud en silwer daarby sou tel!
Nou of dit uit onkunde of selfsug is, is ons al te gereed om ons standpunte en ons beursies te verdedig, terwyl ons vergeet dat geld eintlik al in die vroeë kerk gebruik was om Konninkrykswerk te verrig.
In die Ou Testament was die gee van tiendes spesifiek vir die instandhouding van die tempel en die tempeldiens.
In 1 Kor. 16 lees ons hoe Paulus die gemeente van Korinte aanmoedig om die voorbeeld van die gemeente van Galase te volg, en geld eenkant te sit vir die sukkelende gemeente van Jerusalem.
In Handelinge lees ons weer dat die vroee kerk wat nie gebrek gelei het nie Hulle alles verkoop en uitgedeel! Niemand het gebrek gely nie. Dit het nie oor ‘n regeringstelsel gegaan nie, maar oor die rentmeesterskap van elke gelowige!
Terwyl daar soveel verwysings in die Bybel bestaan oor geld bly dit `n gesukkel om gelowiges met blymoedigheid en oorgawe te laat gee.
Ons is bereid om bely dat alles aan God behoort (Elke goeie gawe en talent; al ons besittings; die skepping in al sy prag en wonder, alles daarin behoort aan God), en tog is dit vreem dat ons beursies “die laaste is om tot bekering te kom.
Hoekom is daar dan sulke hewige teenkanting van gelowiges wanneer God juis Sy eiendom (Dit wat Hy aan ons toevertrou het om Rentmeesters te wees) wil gebruik om sy koninkryk te finansier en uit te bou.
Dr. Nelius Steyn raak die volgende in ‘n artikel aan mbt Rentmeesterskap waarmee ek eenstemming is
1. Ons verstaan of erken nie die koningsheerskappy van Jesus nie en daarom ook nie ons rentmeesterskap nie. Ons verstaan God se seën verkeerd (selfsugtig) – ons dink Hy seën ons omdat dit oor ons gaan, maar Hy seën altyd sodat ek en jy tot seën kan wees. Hy stel regtig nie belang in ons gerief of gemak nie, maar in ons diensbaarheid en belegging (hele lewe) in sy koninkryk – in hoe ons gevorm en geslyp word as rentmeesters.
2. Ons is geldgierig en wil God én mammon dien – ons kyk die gevaar van geldgierigheid en materialisme mis! 1 Timoteus 6:10 waarsku nie verniet dat geldgierigheid die wortel van alle kwaad is nie! En hoekom dink jy is mammon omtrent die enigste afgod wat op sy naam in die Nuwe Testament genoem word? Baie mense dwaal hierdeur van hulle geloof af. Gaan lees gerus die hartseer verhaal van die ryk jongman in Matteus 19:16-30. En moenie dink dit is net ryk mense wat deur geld verblind word nie!
Wanneer ons wel instem om erns te maak met ons bydraes en ons tiendes, berstaan daar baie baie vrae/onsekerheid oor hoeveel mense moet gee, en of die beginsel van Tiendes nog geldig is vandag?
“n Ware spreekwoord sê: “‘n Goeie Jood gee ‘n tiende, ‘n ware Christen gee alles!”
Die gee van tiendes is nogsteeds geldig vandag, maar nie as ‘n wettiese beginsel nie. Nee, want ons leef uit die genade van God, en in dankbaarheid teenoor God.
Ons tiendes kan natuurlik op verskillende maniere gegee word, en talle mense vind sielsberusting in die manier hoe hulle hul tiendes gee. Vir ander is dit weer ‘n worsteling en daar kan lekker gestry word oor tiendes, netto of bruto, tyd, geld en energie, mis ons die kernvraag: “Is die Here en Sy koninkryk regtig deel van my begroting?.”
Ons het die verantwoordelikheid én die voorreg om die huis van die Here, wat in Nuwe Testamentiese terme sy kinders (gemeente) is, in stand te hou. Ja ons glo dat God vir ons broers en susters sal voorsien in hulle nood, maar ons vergeet al te maklik, dat God ons juis die posisie en die vermoe aan ons toevertrou het dat Hy aan hulle deur ons kan voorsien.
Dit is hartverskeurend om te hoor van talle gemeentes wat worstel, talle ondersteunende aksies in die gemeente moet stop en selfs deure sluit om omdat lidmate nie hul verantwoorderlik nakom nie.
Dit is hartseer dat die kerke van Jesus finansieel sukkel omdat ons nie ons verantwoordelikheid nakom nie!
Ons leef in uitdagende tye veral wat finansies betref. En dit is uitdagend om ons finansiele verpligting teenoor God se Koninkryk na te kom.
Terwyl ons sielberusting vind in die waarheid dat “God genadig is” en dat “God sal verstaan” wanneer dit kom by ons bydraes, maar ons vergeet ook dat God die res van ons lewens ook kan raaksien. Net soos God ons krississe en nood raakseins, sien Hy ook raak wanneer ons ‘n selfgerige en onverantwoordelike lewenstyl handhaaf. Dan word ons verskonings en regverdigings redelik hol.
Ek sien ons lewens dikwels soos ‘n feesmaal saam met God. God het in sy voorsienbaarheid, liefde en seen die maaltyd vir ons voorberei. God wil saam met ons eet en feesvier. Hy wil voorsiening maak vir die mense wat langs my en om my sien
Die vraag wat hierdie beeld in my aanwakker is, sal ek in my gierigheid alles wil verteer en die oorskot los vir die Here en mense rondom my. Of sal ek die Gasheer, die Here eer deur die beste en eerste vir Hom aan te bied.
Ten slotte
Dr Nelius Seyn noem dat Renmeesterskap (Rentmeesterskap wat die gee van ons Tiendes en offergawes insluit) eintlik gaan oor ons integriteit as kinders van God:
“Lukas 16:10-15 stel dit baie kras: “Wie in die kleinste dinge betroubaar is, is ook in die groot dinge betroubaar; en wie in die kleinste dinge oneerlik is, is ook in die groot dinge oneerlik. As julle dan nie betroubaar is in die hantering van die oneerlike mammon nie, wie sal die ware rykdom aan julle toevertrou?
En dan die dringende waarskuwing en ontnugterende besef: Matteus 6:24: “Jy kan nie God én mammon dien nie!” Dit beteken jy sal ‘n keuse moet maak. Of jy dien God, of jy dien geld – jy kan nie vir altwee gaan nie!
Wie/wat dien jy?”
Mag ons gedurende ons Geloofsoffermaand in dankbaarheid teenoor God bewus word van die oorvloedige seen waarmee Hy ons seen.
En mag ons erns maak met offergawes, ons verantwoordelikheid en roeping om die Koninkryk van God in stand te hou en uit te brei.
(My opregte dank aan Dr. Nelius Steyn van NG Wonderboom Gemeente wat toestemming verleen het dat ek die inhoud van sy artikel kon insluit by hierdie gedagtegang)kan deel op die forum. Om die volle inhoud van Dr. Nelius Steyn artikel lees kan u die volgende webtuiste besoek: http://ngkwonderboom.co.za/www/index.php/argiewe/geestelike-artikels)