Sondag 13 September 2020 – ds. Corné Randall – Aandkerk.

Die Stoïsyne filosowe sê alles in die lewe is vooraf geprogrammeer en gebeur soos wat dit gebeur, punt. Niks wat `n mens doen kan enige iets aan dit verander nie – maak vrede daarmee en leer om saam met dit te leef.

Die filosofiese lyn van Epicurus sê alles wat gebeur is random. Weereens, daar is niks wat `n mens daaraan kan doen nie. Maak jouself so gemaklik as moontlik.

Die filosofiese lyn van Plato sê die huidige lewe is net `n skadu of skyn van die ware realiteit. Slegte dinge gebeur, maar ons is oppad na `n ander wêreld toe.

Christene bely dat God in beheer is. Hoe help die Josef verhaal ons om hieroor na te dink (Genesis 45: 1 – 15)?

Die tema van die erediens is: Of – of / en – en..?

Vir die klankbaan van die erediens, volg die skakel.

Vir die video van die erediens (beskikbaar vanaf 13 September 2020 om 13:00), druk op die onderstaande prentjie.