Sondag 6 September 2020 – ds. Corné Randall

Ons sluit ons reeks oor geloofshelde vandag af wanneer ons by die verhaal van Ragab in Josua 2 en 6 stilstaan. Deur die verhaal van Ragab word `n mens uitgedaag en gehelp om oor die volgende twee vrae te dink:

  1. Hoe dink ek en jy oor onsself en ons rol in God se koninkryk? Is ek te klein, te jonk, te oud, te wat ook al om `n verskil in God se koninkryk te maak of om deur God gebruik te word?
  2. Hoe dink ons oor ander mense binne in God se koninkryk? Plaas ons dalk mense in `n boksie/kategorie en sê: as iemand so en so is, of so en so lyk, dan is hulle eers bruikbaar vir die Here.

Die tema van die erediens is: Ek, jy en ander mense se rol in God se koninkryk…jy is welkom om saam te kom aanbid!

Vir die klankbaan van die erediens, volg die skakel.

Vir die video van die erediens (beskikbaar vanaf 6 September 2020), druk op die onderstaande prentjie.