Sondag oggenddiens14 Augustus 2022 -Ds. Willie Rothmann
Teks: Lukas 9: 23-27
Tema: Die dissipline van selfverloëning : Tel jou kruis op en volg Hom
Gedurende ons huidige preekreeks: “10 dinge wat ek wens Jesus nooit gesê het nie”, ondersoek ons 10 uitsprake wat Jesus gemaak het, wat ons moderne Christenskap en verstaan dissipelskap uitdaag. Sondag 14 Augustus, gesels ons saam met wat Jesus bedoel het, toe Hy die vereiste gestel het om Hom te volg: Dat Jy jou kruis moet optel! Jy is welkom om saam te kom aanbid!