Wonderkruin Kerssangdiens 2020
NG Gemeente Overkruin en NG Gemeente Wonderboom bied vanjaar ‘n gesamentlike WONDERKRUIN KERSSANGDIENS aan. Die eerste geleentheid op Sondag 15 November kon ongelukkig om tegniese redes nie opgeneem word nie. Maar op Sondag 22 November om 19:00 word die Kerssangdiens wel opgeneem en via YouTube lewendig uitgesaai. Ook op 29 November 2020 om 18:00 sal die sangdiens (wat dan by NG Gemeente Wonderboom se kerk gehou word) lewendig uitgesaai. Jy kan gerus die skakel hieronder volg om deel te wees van hierdie besondere geleentheid.