NG
OVERKRUIN

Inligting oor
Sondag se Preek

SONDAG 12 MEI 2024

Pinksterreeks

 

09:00 Erediens. Ds. H. Stapelberg.

Teks: Lukas 10:38-42.

Tema: Wat het ons verloor?

09:00 Pienkvoete. In die Ark.

10:00 GLO. Gr. R-6.

18:00 Geen erediens en GLO.

Pinkstererediens by NG Wonderboom.

Teks: Jeremia 20:7-18

Tema: Wat op aarde maak ons hier?

Sondag 12 Mei

09:00

Vriende,

Dit is Sondag Moedersdag! Ons weet dat vroue in die Bybel ‘n baie belangrike rol gespeel het. Jesus maak dit ook vir ons baie duidelik dat vroue ‘n belangrike rol speel in geloof al was dit nie altyd die geval in daardie tyd nie. Ons gaan Sondagoggend saam met mekaar kyk na Marta en Maria, die twee susters van Lazarus en die rol wat hulle gespeel het in Jesus se lewe. Altwee is prominente karakters in die Evangelies en elkeen beeld ‘n belangrike karaktertrek uit. Kom luister gerus Sondagoggend saam as ons hieroor gesels.

Groete in Christus,
Ds. Heinrich

Tema: Wat het ons verloor?
Teks: Lukas 10:38 – 42

Skakel: https://youtube.com/live/TO8-xTvIEoE 

Sondag 12 Mei

18:00

Pinksterdiens te NG Wonderboom

GESAMENTLIKE PINKSTER

Vriende, ons nooi almal graag uit na die gesamentlike Pinkster wat hierdie jaar deur Wonderboom aangebied word. Elke jaar vier die gemeentes in die ring (Wonderboom, Overkruin, Montana, Magalieskruin, Doornpoort en Kameeldrif) Pinkster saam, en dit word om die beurt deur ‘n gasgemeente aangebied. Ons gasprediker hierdie jaar is professor Johan van der Merwe van die Universiteit van Pretoria Departement Sistematiese en Historiese teologie aan die Teologie Fakulteit.

Die program van Pinkster verloop so: Donderdag 9 Mei se hemelvaartdienste reel elke gemeente plaaslik. Sondagoggend 12 Mei hanteer elke gemeente plaaslik asook Sondagoggend 19 Mei se Pinksterfees.

Die gesamentlike deel word by Wonderboom Gemeente gehou vanaf Sondagaand 12 Mei tot Donderdagoggend 16 Mei met die oorhoofse tema: Wat op aarde maak ons hier? Dit word in vier temas hanteer en telkens twee keer aangebied om 19:00 die aand en 10:00 die oggend. Daar sal ook verversings na die dienste verskaf word. Kollekte sal opgeneem word om die onkostes te dek.

 

Wat op aarde maak ons hier?

 

Sondag 12 Mei 19:00W      at op aarde maak ons hier?           Jeremia 20:7-18

Maandag 13 Mei 10:00       Wat op aarde maak ons hier?        Jeremia 20:7-18

Maandag 13 Mei 19:00       Ons is hier vir die die Here.            Jeremia 2:1-13

Dinsdag 14 Mei 10:00         Ons is hier vir die Here.                  Jeremia 2:1-13

Dinsdag 14 Mei 19:00         Ons is hier vir mekaar.                    Johannes 5:1-15

Woensdag 15 Mei 10:00     Ons is hier vir mekaar.                    Johannes 5:1-15

Woensdag 15 Mei 19:00     Ons is hier vir ons wêreld.              Jeremia 29:1-14

Donderdag 16 Mei 10:00    Ons is hier vir ons wêreld.              Jeremia 29:1-14

 

Bogenoemde word by Wonderboom (h/v Parsley en Rosemary) aangebied

 

Vrydagaand 10 Mei om 19:00 is daar ‘n Lofprysing en Aanbiddingsaand vir die Jeug by Magalieskruin Gemeente.

Ons nooi elke gelowige hartlik uit om hierdie Pinkster saam met ons te kom geniet!

Vrede!

Dr. Nelius Steyn

Kontak Ons

Laai ons TOEP (APP)
af op jou selfoon

(LET WEL: DIE TOEP IS NOG IN TOETSFASE EN WORD TANS NOG NIE VIR GEMEENTE DOELEINDES GEBRUIK NIE, VERDERE AANKONDIGINGS SAL HIER GEMAAK WORD).

1. Bekendstelling van die Toep aan lidmate: https://youtu.be/YvwhqcdAGvg

2. Hoe om die Toep van Google Playstore te download en te installeer: https://youtu.be/JMyLhB48LY4

3. Hoe om jouself te registreer op die Toep: https://youtu.be/34y2elocnVw

Aankondigings

Kry die week se aankondigings 

HIER

Die Overkruiner

Kry die maand se Overkruiner maandblad

Hier

Die Blitskruiner

Kry die maand se Overkruiner maandblad

Hier

Argief Preke

Kry die Argief Preke

Hier