Inligting oor
Sondag se Preek
SONDAG 24 SEPTEMBER 2023
09:00 Erediens. Ds. H. Stapelberg.
Teks: Lukas 17:11-19.
Tema: Jou geloof het jou gered.
18:00 Geen erediens.
Vriende in Christus,
Ons almal lewe in dankbaarheid teenoor ons God. Ons beleef sy genade en sy seën op verskillende maniere en Hy is goed vir ons. Vir baie mense is hierdie verhouding een wat gepaard gaan met dankbaarheid maar ook met afstand, afstand wat ons skep tussen onsself en God. Dis vir die rede dat baie van ons smag na iets meer, ‘n meer persoonlike verhouding en verbintenis teenoor God. Maar hoe kan ek hierdie dieper, persoonlike verbintenis met God hê? Wat kan ek doen van my kant af om dit te beleef? Lukas 17 sê ons moet omdraai... kom luister gerus Sondagoggend saam wat dit beteken. Sien julle daar.
Groete in Christus,
Ds. Heinrich
Tema: Jou geloof het jou gered
Teks: Lukas 17:11 – 19
Sondagaand 10 September 2023 om 18:00 - Ds. Willie Rothmann
Preekreeks: Om God te sien
Tema: God is hier
Teks: Luk 4:42 – 44
Skakel: https://youtube.com/live/Ac4JIAcjf-I?feature=share
Goeiedag geloofsfamilie,
Eerskomende Sondag is ons tweede geleentheid van ons Preekreeks: "Om God te sien"
IWanneer mense praat oor die evangelie (Goeie nuus), val die fokus dikwels op my redding; my verlossing; my vergifnis; my troos van die hemel.
So ook, wanneer ons gekonfronteer word met verskillende vorme van teespoed, moet die evangelie gesien word in die ware lig soos dit bedoel is:
Die evangelie gaan egter nie in die eerste plek oor ons nie. Dit gaan oor God. Dit gaan oor Jesus. Dit gaan oor die goeie nuus van die Koninkryk.
Sondag gesels ons verder hieroor saam
Elkeen is welkom
Ds. Willie
Daar is geen ander dienste huidiglik nie.
Kontak Ons
Laai ons TOEP (APP)
af op jou selfoon
(LET WEL: DIE TOEP IS NOG IN TOETSFASE EN WORD TANS NOG NIE VIR GEMEENTE DOELEINDES GEBRUIK NIE, VERDERE AANKONDIGINGS SAL HIER GEMAAK WORD).
1. Bekendstelling van die Toep aan lidmate: https://youtu.be/YvwhqcdAGvg
2. Hoe om die Toep van Google Playstore te download en te installeer: https://youtu.be/JMyLhB48LY4
3. Hoe om jouself te registreer op die Toep: https://youtu.be/34y2elocnVw