Inligting oor
Sondag se Preek
SONDAG 21 JUNIE 2026
Vadersdag
09:00 Erediens. Ds. H. Stapelberg.
Teks: Matteus 6:5–8.
Tema: Bid jy tot God of saam met God?
09:00 Pienkvoete. In die Ark.
10:00 Jnr. GLO.
18:00 Erediens. Ds. W. Rothmann.
Teks: Matteus 6:25-34.
Tema: Die Koning of my verwagtinge?
Snr. GLO.

Sondag 21 Junie 2026
09:00
Oggenderediens van 21 Junie 2026
Tema: Bid jy tot God of saam met God?
Skriflesing: Matteus 6:5–8
Skakel: https://youtube.com/live/pcw79T9n4mo
Gebed is meer as net woorde wat ons uitspreek. Jesus leer ons dat gebed nie gaan oor vertoon of om ander te beïndruk nie, maar oor ’n opregte ontmoeting met ons Hemelse Vader. Wanneer ons bid, nooi God ons nie net om met Hom te praat nie, maar om saam met Hom te leef, te luister en Sy teenwoordigheid te ervaar.
Kom ontdek saam wat dit beteken om nie bloot tot God te bid nie, maar om in ’n lewende verhouding met Hom te wandel. Sien julle daar!
Groete in Christus,
Ds. Heinrich

Sondag 21 Junie 2026
18:00
Ons nooi jou hartlik uit om Sondagaand saam met ons te aanbid terwyl ons verder reis in Koninkrykstyd.
📖 Skriflesing: Matt 6:25-34
🎙️ Tema: Die Koning of my verwagtinge?
Voordat ons saamkom, dink gerus oor die volgende vrae:
* Wat kry tans die eerste plek in my lewe?
* Waaroor dink ek die meeste wanneer ek stil raak?
* Is daar iets wat so belangrik geword het dat dit my fokus van Christus af wegtrek?
* Soek ek soms eerder wat God vir my kan gee as vir God self?
* Wat beteken dit vir my om Jesus werklik as Koning te erken?
Mag hierdie vrae ons voorberei om met oop harte na God se Woord te luister.
💻 Aanlyn skakel: https://youtube.com/live/ucI1doFZeBI
Ons sien uit daarna om saam die Here te aanbid.
"Maar soek allereers die koninkryk van God en sy geregtigheid..."
— Matteus 6:33
Kontak Ons
Laai ons TOEP (APP)
af op jou selfoon
(LET WEL: DIE TOEP IS NOG IN TOETSFASE EN WORD TANS NOG NIE VIR GEMEENTE DOELEINDES GEBRUIK NIE, VERDERE AANKONDIGINGS SAL HIER GEMAAK WORD).
1. Bekendstelling van die Toep aan lidmate: https://youtu.be/YvwhqcdAGvg
2. Hoe om die Toep van Google Playstore te download en te installeer: https://youtu.be/JMyLhB48LY4
3. Hoe om jouself te registreer op die Toep: https://youtu.be/34y2elocnVw