ALGEMENE INLIGTING

ONS GESKIEDENIS

Die NG Gemeente Overkruin is op 22 September 1978 gestig.

Die twee leraars wat Wonderboom-gemeente op daardie stadium sou afstaan, kan beskou word as die baanbrekers en grondleggers van die nuutgestigte gemeente. Hulle was ds. A.P (Pieter) Louw en ds. C.J. du Plessis (Neels) van Niekerk.

Hulle is op 1 Oktober 1978 beroep en op 21 Oktober 1987 bevestig. Aanvanklik is eredienste en kategese by die Hoërskool Overkruin gehou.

11 Januarie 1980 word ds. G.J.J (Gert) Jonker ontvang en bevestig as derde leraar, en op 20 November 1981 word ds. J.J. (Kobie) Grobler ontvang en bevestig. Nadat ds. Gert Jonker 'n beroep na Bloemfontiein aanvaar het, word die gemeente op 9 Februarie 1985 aangevul deur ds. P.B. (Pieter) Grobler en proponent J.J. (Johan) van Zittert op 2 Maart 1985, toe hy as vyfde leraar in Overkruin georden is.

So het die gemeente Overkruin die eerste makrogemeente noord van die berg geword.

ONS Leraars

IMG-20230515-WA0017

Ds. Willie  Rothmann

IMG-20230515-WA0012

Ds. Heinrich Stapelberg

kontak besonderhede

Leraar Naam: Ds. Willie  Rothmann
Sel: 082 490 2362
Epos: will4xtus@gmail.com

Leraar Naam: Ds. Heinrich Stapelberg
Sel: 083 276 1746
Epos: heinrichstapelberg@ngoverkruin.org.za

NAGMAAL PROGRAM

Vier normale nagmaalvierings vind deur die loop van die jaar plaas.   Enkele aandnagmaalvierings word ook op die jaarprogram aangedui, byvoorbeeld op die Donderdag voor Goeie Vrydag.

Afsterwe | Begrafnis

Meld asseblief alle siekes, gehospitaliseerdes, afsterwes of begrafnisse by die kerkkantoor aan.  Ons leraars wil asseblief graag aan jou aandag gee.

Debietorder

Die nodige vorms is in die kerkkantoor beskikbaar. Nadat u dit ingevul het, kan u dit by die kerkkantoor ingee.  Aftrekkings word op die eerste dag van elke maand deur die kerkkantoor hanteer.

REËLINGS VIR ‘N DOOP

‘n Doopdatum en doopgesprek moet vroegtydig met die betrokke leraar getref word.  Aansoekvorms moet asseblief ses weke voor dié datum deur voornemende doopouers by die kerkkantoor ingevul word.

BEWYS VAN LIDMAATSKAP

Bevestig asseblief dat u en u gesin se attestate/lidmaatskapbewyse by die kerkkantoor ingelewer is.  Aansoekvorms is in die kerkkantoor beskikbaar.  Kontakkaarte is in die voorportaal beskikbaar.

Aftrekorder

U tref self die reëlings hiervoor by u bank.  Aftrekkings vind maandeliks plaas op die datum wat met die bank gereël was.

HUWELIKSINLIGTING

alle navrae en reelings vir huwelike moet  met die betrokke leraar self getref word.

Huur  van saal / kerk

Kontak asseblief die kerkkantoor.

012 567 2177