NG
OVERKRUIN

Inligting oor
Sondag se Preek

SONDAG 19 MEI 2024

Pinksterreeks

09:00 Erediens. Ds. W. Rothmann. Nagmaal.

Teks: Johannes 7:37-39.

Tema: Die Gees gee lewe.

10:00 GLO. Gr. R-6.

18:00 Erediens. Ds. H. Stapelberg. Nagmaal.

Teks: Lukas 10:30-37.

Tema: Sou jy afgekyk het?

GLO: Gr. 7-11

Sondag 19 Mei

09:00

Liewe Geloofsfamilie,

Sondagoggend met ons Pinksterfees vier ons die uitstorting van die Heilige Gees. Ons word opnuut bewus van die waarheid dat die Heilige Gees teenwoordig en werkend is in elke gelowige se lewe.

Talle gelowiges ervaar ‘n worsteling wanneer ons begin wonder en wil verstaan hoe die Heilige Gees aktief besig is in elkeen se lewe. Veral teen die agtergrond van soveel verskillende geloofsoortuigings.

Ons word gekonfronteer met vrae soos:
"Hoe word ek dan meer bewus van Sy teenwoordigheid in ons lewens?" of "hoe herken ek die werking van die Gees in my hart?"

Sondagoggend, saam met sakrament van die Nagmaal, ondersoek ons die ongelooflike waarhede wat God se word vir ons gee op  antwoord van hierdie vrae.

Teks: Johannes 7:37-39
Tema: Die Gees bring lewe
Skakel: https://youtube.com/live/8ZjUSVzWY18

Elkeen is welkom om saam te kom aanbid en die genade van God te ervaar.

Vrede,

Ds. Willie 

Sondag 19 Mei

18:00

Vriende,

Met Pinkster vier ons die uitstorting van die Heilige Gees. Saam met hierdie gebeurtenis is daar aan elkeen van ons ‘n opdrag gegee om uit te gaan die goeie nuus van Jesus te gaan verkondig. Hierdie is die hoeksteen van die kerk en waarvoor ons geroep word in die nuwe Koninkryk. Die Heilige Gees stel ons in staat om ‘n verskil te gaan maak, so as ons iemand sien wat geval het is ons bereid om af te kyk en hom of haar te help? Hierdie vraag klink eenvoudig maar dit is nie altyd die geval nie. Ons gaan Sondagaand verder oor hierdie tema saam gesels. Ons gaan ook saam Nagmaal gebruik so ek nooi elkeen van julle uit. Sien julle daar!

Groete in Christus,
Ds. Heinrich

Tema: Sou jy afgekyk het?
Teks: Lukas 10:30 – 37

Skakel: https://youtube.com/live/GyNvWN2hWC 

Hou hierdie spasie dop vir addisionele dienste 

Kontak Ons

Laai ons TOEP (APP)
af op jou selfoon

(LET WEL: DIE TOEP IS NOG IN TOETSFASE EN WORD TANS NOG NIE VIR GEMEENTE DOELEINDES GEBRUIK NIE, VERDERE AANKONDIGINGS SAL HIER GEMAAK WORD).

1. Bekendstelling van die Toep aan lidmate: https://youtu.be/YvwhqcdAGvg

2. Hoe om die Toep van Google Playstore te download en te installeer: https://youtu.be/JMyLhB48LY4

3. Hoe om jouself te registreer op die Toep: https://youtu.be/34y2elocnVw

Aankondigings

Kry die week se aankondigings 

HIER

Die Overkruiner

Kry die maand se Overkruiner maandblad

Hier

Die Blitskruiner

Kry die maand se Overkruiner maandblad

Hier

Argief Preke

Kry die Argief Preke

Hier