Sondag 19 April 2026: 09:00

My God, my God waarom het U my verlaat?

Wanneer Jesus hierdie woorde aan die kruis uitroep, hoor ons nie net pyn nie…
ons hoor die diepte van Sy liefde. Hy dra die verlatenheid, sodat ons nooit weer deur God verlaat hoef te wees nie. Hierdie woorde is bekend vir ons as gelowiges, maar wat beteken dit vir iemand wat buite die geloofs staan? Kom luister gerus Sondagoggend saam wanneer ons dieper gaan kyk na die agtergrond van hierdie bekende woorde wat Jesus aan die kruis uitroep en die openbaring wat Hy kom gee aan ‘n profesie wat baie jare voor die kruis gemaak word.

Kom beleef saam hoe hierdie uitroep van nood
vir ons ’n uitroep van hoop geword het.

Jy is hartlik welkom om saam te kom ontdek hoe God se grootste stilte
ons grootste redding geword het.

Teks: Matteus 27:46
Skakel: https://youtube.com/live/wizwgmfDdNA