Sondag 24 Mei 2026: 09:00 Pinkster Nagmaal

Pinkstersondag en Nagmaal

“Net soos die liggaam een is en baie ledemate het, en soos al die ledemate van die liggaam saam een liggaam vorm, so is dit ook met Christus.”— 1 Korintiërs 12:12

Vriende, ons nooi jou na hierdie Sondag se erediens waar ons saam ontdek hoe God elkeen uniek geskape het om deel te wees van Sy liggaam. Niemand staan alleen nie — elke persoon het ’n plek, ’n doel en ’n gawe. Dit is kerk wees! Ons gaan Sondagoggend aan met die Pinksterweek se tema van: Waarom kerk toe gaan?, met ons eie antwoord: Ons gaan kerk toe! Dis hoekom…Kom luister gerus saam en wees deel van die Nagmaal tafel. Teks: 1 Korintiërs 12:12 – 14Tema: Ons gaan kerk toe! Dis hoekom…Almal is welkom!Skakel: https://youtube.com/live/3bYERODbotU

Ds Heinrich