Goeie Vrydag 2026: 08:00

Liewe geloofsfamilie,

Jy word hartlik uitgenooi na ’n stil, meditatiewe diens rondom die kruis:

“Die voorhangsel het geskeur”
Skriflesing: Matt 27: 45-51

Hierdie is nie ’n gewone diens nie…
maar ’n oomblik om stil te word, te kyk… en te onthou.

Voor jy kom, dink ’n bietjie hieroor:

  • Waar in my lewe leef ek nog asof God ver is?
  • Wat doen ek met die kruis van Jesus—ignoreer ek dit, of leef ek daaruit?
  • Glo ek werklik dat die pad na God vir my oop is?

Kom beleef:
🕯️ Stilte en refleksie
📖 Die kruisverhaal
✨ ’n Dieper besef van wat Jesus gedoen het

🕰️ 8h00
🔗 https://youtube.com/li…​

Kom sit… kom kyk… kom wees stil.

Die voorhangsel het geskeur.
Die weg na God is oop.