Groot Lydensweek 2 April 2026 (Nagmaal)

Vriende,

Vanaand neem ons, ons plekke in by die Nagmaaltafel saam met Jesus. Daar is brood en wyn en hierdie eenvoudige simbole sal lei tot ‘n Sakrament wat vir jare en jare saam met ons gaan. Dit is ‘n tafel van feesviering maar ook van diep geestelike en emosionele verantwoordelikheid.

• Daar is angs…
• Daar is vrees…
• Daar is agterdog…
• Daar is ‘n besef van swaarkry en opoffering wat kom…

Ons nooi elkeen van julle uit om saam te kom stil wees in die teenwoordigheid van ons Here. Om weer te besef wat hierdie handeling, hierdie Sakrament van die Nagmaal vir ons beteken en wat dit ons aan herinner. Sien julle daar.

Tema: Die liggaam wat gebreek is
Teks: Lukas 22:14 – 23

Skakel: https://youtube.com/live/GaaTMGd7b5w