Groot Lydensweek: 30 Maart 2026
Liewe geloofsfamilie,
Ons groot Lydensweek het begin…
Jy word uitgenooi na ’n betekenisvolle reis saam deur die week waar alles verander het.
Maandag se tema: Die Geslote Voorhangsel
Teks: Eksodus 26:31-33
Ons begin nie by die oop graf nie…
ons begin by ’n geslote ruimte.
👉 Hoekom was daar ’n plek waar niemand kon ingaan nie?
👉 Hoekom moes selfs ’n priester met vrees en bloed nader kom?
👉 Wat sê dit oor God… en oor ons?
👉 En as God liefde is — hoekom die afstand?
Kom ontdek hoekom die evangelie eintlik begin… by ’n toegeslote gordyn.
⏰ Tyd: 19h00
📡 Aanlyn skakel: https://youtube.com/live/xSDmYK2k8qQ
Kom luister. Kom worstel. Kom verwag.
Want jy kan nie die oop pad verstaan…
as jy nie eers die geslote pad sien nie