Groot Lydensweek: 31 Maart 2026
Vriende,
Jesaja sê vir ons dat die skeiding tussen die mens en God het gekom deur die sonde. Hierdie sonde wat se ontstaan was in die tuin van Eden tussen Adam en Eva. Dis hier waar die verhouding tussen God en mens geskei is deur die:
• skuld
• skaamte
• vrees
• afstand
Dit was nie deur God se toedoen nie maar deur ons. Die mens se oordeel eerder as God se opdrag was nog altyd die fondasie van die sonde en daarom is daar skeiding gebring wat deur voorhangsel uitgebeeld word…
Kom luister gerus vanaand saam wanneer ons oor hierdie hartseer gebeurtenis praat en waar dit ons plaas in die skaduwee van die kruis saam met Jesus op sy Lydensweg. Sien julle daar!
Tema: Die sonde wat skeiding bring
Teks: Jesaja 59:1 – 2
Skakel: https://youtube.com/live/_mE-Csco_34