Sondag 1 Februarie 2026: 09:00

Vriende,

Ons gaan Sondagoggend voort met ons Toewydingsreeks van 2026. Ons tema: “Terug na die huis toe: God se droom vir gesin, identiteit en gemeenskap”. Ons teks vir Sondag is Galasiërs 5 wat onder andere ons herinner om te lewe deur die Gees van God. Waarheen lei die Gees ons in hierdie tyd? ‘n Tyd wat soveel meer perspektief van ons kom vra. Kom luister gerus wanneer ons gesels oor die gevare van ideale wat korrup raak en die rol wat die gesin kan speel om dit reg te stel. Sien julle daar!

Groete in Christus,
Ds. Heinrich

Tema: Wanneer ideale korrup raak
Teks: Galasiërs 5:13 – 16

Skakel: https://youtube.com/live/NZXVVFvWE74