Sondag 1 Maart 2026: 09:00

Vriende,

Ek glo dat wanneer julle kyk na die tema van Sondagoggend se erediens is die vraag dadelik, wat beteken dit? Dis daarom dat ek elkeen van julle wil nooi om Sondagoggend saam te kom luister na hierdie unieke en tog belangrike idee wat so gepas ingetrek kan word by Lydenstyd. Lydenstyd natuurlik vir ons ‘n geleentheid om weer bewus te raak van die seer, sleg en hartseer van die kruis, maar ook van die wonder, genade en liefde van die opstanding.

Kom deel saam met ons in ons verbintenis aan ons Here deur die Heilige Gees. Sien julle daar!

Groete in Christus,
Ds. Heinrich

Tema: Eukatastrofe: Hoop
Teks: Johannes 1:9 – 14

Skakel: https://youtube.com/live/w_8SSjlI5Eo