Sondag 1 Maart 2026: 18:00
Liewe geloofsfamilie 🌿
Jy word hartlik uitgenooi na hierdie week se aanddiens.
Ons dink saam na oor Jesus se ontstellende woorde:
“As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis opneem…” (Markus 8)
Hierdie gedeelte roep diep vrae in ons op:
- Wat beteken dit regtig om Jesus te volg — en nie net in Hom te glo nie?
- Hoekom loop die pad na lewe deur oorgawe?
- Waaraan klou ons nog vas… wat Jesus ons nooi om te laat los?
- Kan dit wees dat ons juis in verlies die ware lewe ontdek?
Kom beleef ’n ruimte van rus, eerlikheid en ontmoeting met die Here.
🕯️Tema: Wanneer Jesus jou planne ontwrig
💻 Aanlyn skakel: https://youtube.com/live/wbFcGH4kSL4
Almal is welkom. Nooi gerus iemand saam.
“Wie sy lewe verloor ter wille van My, sal dit behou.”
Vredde,
Ds. Willie