Sondag 15 Februarie 2026: 18:00

Vriende,

Daar is ‘n gesegte wat sê: Dit wat jy gaan soek in die wêreld, is die kans baie goed, gaan jy vind. Dit dien as ‘n herinnering sowel as ‘n waarskuwing vir dit waarmee ons onsself ophou in die lewe. Jesus gebruik die gelykenis van die saaier om iets hiervan ook vir ons duidelik te maak. Ons almal word deur dieselfde saaier gesaai, maar jy kies in watse grond jy val. Kom luister gerus Sondagaand saam wanneer ons dieper gesels oor die vraag: Wat soek jy? Sien julle daar!

Groete in Christus,
Ds. Heinrich

Tema: Wat soek jy?
Teks: Matteus 13:1 – 9

Skakel: https://youtube.com/live/pb455csLrUc