Sondag 15 Maart 2026: 09:00
Tema: Genade wat hande oopmaak
Teks: 2 Kor 8:1-9
Skakel: https://youtube.com/live/n7RtVqCyAog
📩 Uitnodiging tot Nagmaaldiens – Lydenstyd
Liewe geloofsfamilie,
Ons nooi jou hartlik uit om saam met ons die komende Nagmaaldiens by te woon. Dit is ’n tyd om stil te staan by die groot liefde van Jesus Christus en te reflekteer oor hoe ons leef uit genade.
In die preek gaan ons saam kyk na ’n eenvoudige, maar kragtige vraag:
“As Christus Homself vir my gegee het, hoe leef ek dan vir Hom?”
Ter voorbereiding kan jy vir jouself dink:
Hoe het ek die genade van Christus in my lewe ervaar?
Watter deel van my lewe behoort ek aan Hom te gee?
Hoe kan ek meer bewustelik as rentmeester leef van wat God my toevertrou het?
Daar sal ook ruimte wees vir belangrike aankondigings en Gemeenteraad terugvoer tydens die diens.
Ons sien daarna uit om saam met jou by die Here se tafel te wees!