Sondag 15 Maart 2026: 18:00
Vriende,
Ons vra Sondagaand die vraag: Hoekom kerk wees? Hoekom moet ons deel wees van ‘n gemeente? Hoekom moet ek my tyd, talente, finansies en kreatiwiteit deel? Ek dink die antwoord word vir ons duidelik as ons op ‘n Bybelse wyse daarna gaan kyk. Ons nooi julle om Sondagaand saam deur die Gees gelei te word oor ons verantwoordelikheid as liggaam van Christus en hoekom ons as ‘n gemeenskap van heiliges saam geroep word.
Ons het ook die voorreg om saam met mekaar die Nagmaal te kan deel Sondagaand!
Ons gaan ook ruimte gee vir belangrike Gemeenteraad terugvoer tydens die diens.
Sien daarna uit om saam julle as Gemeenskap van Heiliges te aanbid. Sien julle daar!
Groete in Christus,
Leraarspan
Tema: Hoekom kerk wees?
Teks: Handelinge 2:43 – 47
Skakel: https://youtube.com/live/F2PIqwYpeps