Sondag 22 Februarie 2026: 09:00
Vriende,
Lydenstyd en ons persoonlike geloof loop hand aan hand met mekaar. Die Goeie Nuus van Jesus lei elkeen van ons om te glo in ‘n Almagtige God. Die boodskap word gegee deur geloof en ons ontvang dit in geloof. Geloof in God is ‘n tema wat reg deur die Bybel vir ons gekommunikeer word. Een van hierdie voorbeelde is die koperslang van Moses wat opgerig word vir die genesing van die Israeliete in die woestyn. Kom luister gerus Sondagoggend saam wanneer ons dieper na hierdie verhaal kyk en hoe dit van toepassing is op die verhaal van Jesus ook. Sien julle daar!
Groete in Christus,
Ds. Heinrich
Tema: Die koperslang van Moses: Bevryding deur geloof
Teks: Numeri 21:4 – 9
Skakel: https://youtube.com/live/h74SIg0YfTE