Sondag 22 Februarie 2026: 18:00

Liewe geloofsfamilie 🌿

Jy word hartlik uitgenooi na hierdie week se aanddiens.

Tema: Gemaak om in verhouding te leef met God
Skriflesing: Johannes 15: “Bly in My, soos Ek in julle…”

In ’n wêreld waar ons so maklik los en alleen voel, herinner die Here ons weer dat ons gemaak is om in Hom te bly — want dit is waar ons ware lewe lê.

💻 Aanlyn skakel: https://youtube.com/live/Ip7st2LilEU

Of jy fisies of aanlyn inskakel — kom rus saam in die Here se teenwoordigheid.

Mag jy weer die nabyheid van die Ware Wingerdstok beleef.

Seën en vrede
Ds Willie