Sondag 22 Maart 2026: 09:00
Vriende,
Kom luister Sondagoggend saam na ons boodskap uit Matteus 4:1–11 – waar Jesus versoeking oorwin in die woestyn en Homself voorberei vir Sy missie en roeping wat voorlê. Dink solank na oor die volgende:
- Hoe hanteer ons versoeking vandag?
- Waar kry ons krag in moeilike tye?
- Wat leer Jesus ons oor gehoorsaamheid en vertroue?
Kom ervaar saam hoe God se Woord ons toerus om staande te bly!
Bring jou familie en vriende – almal is welkom!
Tema: Voorbereiding in die woestyn
Skakel: https://youtube.com/live/sHgD1g10g9Q