Sondag 22 Maart 2026: 18:00
Liewe Geloofsfamilie
Hierdie Sondagaand stap ons verder saam op die pad van Lydenstyd… maar met ’n verrassende boodskap van hoop.
Tema: Wanneer min genoeg word
Teks: Johannes 6:1–13
Ons almal ken daardie gevoel van: dit is nie genoeg nie — nie genoeg tyd, energie, geloof nie.
Maar wat as God juis met ons “min” iets ongeloofliks wil doen?
Kom luister saam hoe Jesus wys dat dit nie gaan oor hoeveel ons het nie… maar in wie se hande dit beland.
👉 Aanlyn skakel: https://youtube.com/live/q1Y787L2hjY
💭 Dink solank oor hierdie geloofsvrae:
Waar in my lewe voel dit tans “te min”?
Wat hou my terug om dit vir Jesus te gee?
Glo ek regtig dat God iets kan doen met wat ek het?
Hoe kan my “klein” ’n seën word vir iemand anders?
Ons sien uit om saam te luister, te bid en te groei.
Vrede en seën