Sondag 24 Mei 2026: 18:00 Pinkster Nagmaal
Tema: Daar is plek aan die tafel
Skriflesing: Lukas 14:15-24
Pinkster herinner ons: Die Heilige Gees bring mense nader —nader aan God en nader aan mekaar.
En by die tafel van Christus hoor ons weer:“Daar is plek aan die tafel.”• Waar in my lewe voel ek moeg, leeg of ver van God?
Het ek die uitnodiging van Jesus dalk begin ignoreer tussen die geraas van die lewe?• Is daar plek in my hart vir die werk van die Heilige Gees?• Wie moet ek vergewe of nader trek?• Waar het ek nodig om weer genade te ontvang?• Glo ek werklik dat daar plek is vir my aan Christus se tafel?Kom beleef saam:🍞 Nagmaal🕊️ Pinkster🕯️ Aanbidding🤍 GemeenskapKom soos jy is.Met jou vrae.Met jou hoop.Met jou behoefte aan God.
Aanlyn skakel:https://youtube.com/live/XETJdjPUUOg
Vrede,
Ds. Willie