Sondag 29 Maart 2026: 09:00
Vriende,
Hierdie Sondag reis ons saam met Jesus die stad binne.
Die skare juig. Palmtakke swaai. Mantels lê op die pad.
Maar Jesus weet: die pad lei na die kruis.
Kom ontdek die betekenis van hierdie besondere oomblik:
’n Koning wat in nederigheid kom.
’n Groep wat Hom loof — ‘n stad wat onseker is.
’n Oproep aan ons vandag: Hoe dankbaar is jy?
Tema: Die intog: dankbaar of ondankbaar?
Skriflesing: Lukas 19:28–44
Kom vier saam. Kom luister. Kom aanbid.
“Geseënd is die Koning wat kom in die Naam van die Here!” (Luk. 19:38)
Almal is welkom! Sien julle daar!
Skakel: https://youtube.com/live/4TV43niYWWc