Sondag 8 Februarie 2026: 09:00
Vriende,
Sondagoggend is ons derde erediens in ons Toewydingsreeks vir 2026. Ons tema is: “Die gesin as God se ruimte vir vorming”. Ons teksgedeelte is Johannes 4:7 – 18. Jesus wys met sy gesprek met die Samaritaanse vrou dat maak nie saak wie jy is of waar jy vandaan kom nie jy mag deel wees van die God se geestelike gesin. En in hierdie ruimte sal God jou deur liefde en genade vorm sodat jy Sy Koninkryk kan gaan uitbou. Kom luister gerus Sondagoggend saam wanneer ons verder hieroor gesels. Sien julle daar!
Groete in Christus,
Ds. Heinrich
Tema: Die gesin as God se ruimte vir vorming
Teks: Johannes 4:7 – 18
Skakel: https://youtube.com/live/tCBLmzACQ4I